DIE KLEUR EKSPERIMENT
|
Gister het ek en Cara ‘n paar kunswerke gemaak.Hier onder is
die metode , volg dit en dan na stap vier vat jy ‘n papier en sit dit bo-op die bordjie
neer.Druk dit ‘n paar keer liggies en
lig die papier op. Jou papier behoort gekleur te wees.
JY BENODIG:
Melk
Kleursel
Skottelgoedseep
Bordjie(ons het sommer n piering gebruik)
METODE:
Stap 1:Vat die bord en gooi ‘n lagie melk daar in.
Stap 2:Gooi ‘n druppel kleursel aan die een kant en ‘n ander kleur drupel kleursel
aan die ander kant.
Stap 3:Gooi ‘n druppel skottelgoedseep in elke
drupel kleursel .
Stap 4:Nou kan jy kyk wat gebeur.
Deur Lene-Mari